RSS Feed

Pergamano

Met die paar dae wat ek gaan kuier het, het ek met twee kunsvorme te doen gekry waarvan ek eintlik baie min weet.  Tine se seun trou binnekort en hulle het heelwat van die troue se bykomstighede self gemaak. Ek is maar baie skepties oor eiegemaakte houertjies, maar hierdie is met een woord pragtig.

Pergamano werk is al meet as twee duisend jaar oud, maar is nog net so fyn en pragtig.  Omdat die materiaal lekker styf is, is dit baie geskik vir houertjies.

Dink maar aan kombuistees:

Of die ooievaartee of selfs die doop:

Wat egter vir my die allermooiste is, is die kaartjies (ek is so spyt dat ek nie ‘n naby foto van die tegnieke geneem het sodat jy kan sien hoe persies en pragtig werklik is):

 

As jy meer wil leer van die tegnieke kan jy hier gaan loer – http://nightcats.hubpages.com/hub/Pergamano-Paper-Craft

32 responses

  1. Een woord: Pragtig!

  2. Die skoentjie is ook my gunsteling !

  3. Die skoentjie is ook my gunsteling.

  4. ek het ook vandag iets nuuts geleer…baie interessant

  5. Wow dis heeltemal nuut vir my maar dis regtig iets besonders.

  6. That is beautiful!
    *hugs*

  7. Mensig nog nooit daarvan gehoor nie…. ek’s ‘n sucker vir daardie skoentjie

    • Ek het ook die woord nog nie gehoor nie maar die kaartjies is nie vir my vreemd nie. Dit het baie embossing en stenselwerk en dit laat mens dink aan die hardangerwerk in die ou dae se lappies.

  8. Genugtig! Dis so fyn! Is dit materiaal wat hulle uitknip? Wat is die bottomline?

  9. Dis nou oulik! Ek het ook nog nooit daarvan gehoor nie. So word ons slim (mer)🙂

  10. Dis pragtige voorbeelde. Dis ook lekker om te doen. So fyn en fraai!

  11. Interessant en ek sal gaan loer.

%d bloggers like this: