RSS Feed

Mis die oomblik

As mens ‘n amateur fotograaf is soos ek gebeur dit dat mens of die foto-oomblik mis of dat jou foto’s nie so goed uitkom nie. Ek dink dis wanneer die oomblik groter is en jy angstig raak dat jy van die kwaliteit inboet.

Verlede naweek stop ek by die Kranskop tolhek vir koffie, maar toe ek uitkom het ‘n motoris so naby my deur parkeer dat ek nie kan inklim nie. Toe sien ek in die kar ‘n vrou met ‘n Marmoset apie in die kar. Ek pluk die kamera uit en vra vir die vrou of ek foto’s mag neem,  terwyl ek haar met vra peper.

Eergister sien ek ook ‘n man met so apie in die Spar! Ek wonder darem oor die wenslikheid van hierdie diere as troeteldiere.  Die een op die foto lyk nie te vriendelik en die vrou het gesê ek kan nie aan hom  vat nie, want hy sal byt.

Ek het bietjie opgelees oor die apies – http://www.filthylucre.com/marmoset-as-a-pet en dink nie ek sal een wil aanhou nie, want hulle piepie glo op mens se meubels?

 

26 responses

  1. Shame, hulle lyk nie gelukkig nie! Ek dink die mense wat hulle aanhou verdien die gepiepie op die meubels!🙂

  2. Baie mooi foto’s en hulle is die dierbaarste goedjies ooit en ja, ons “weird” mense is maar ook hier..heheheheh. Ek vrek oor alle diere maar glo wilde diere hoort in natuur en dit geld vir Marmosette ook. Ongelukkig koop meeste mense diertjies soos hierdie, nes hulle maar maak met “full bred” honde en katte, net vir die “image” … sodat hul ander kan “impress” en veral met die prys wat die diere gekos het.

    Marmosette is baie meer aggressief as enige van die ander aap families en soos enige apie “bond” hulle net met een persoon en ja, as hul puberteit bereik raak hulle erger. Hulle is ook baie sensitief en moet net die regte tipe kosse eet en as jy hul soen en jy het ‘n koorsblaar (herpes virus) op jou lip kan hul doodgaan daarvan. My ma het een gehad en ja, dit was ook om mense te impress want die arme ding moes in sy hok bly tot sy wil uitgaan om te gaan “spog” met hom en ek en sy het hewig baklei oor dit. Ek haat dit as mense sulke diertjies aanhou net om te spog. Dis pateties!

    Toe ek nog die apies en bobbejane gerehabiliteer het, het ek hulle na A.R.T. in Johannesburg geneem as hul groot genoeg is om uitgeplaas te word in die natuur en jy sal nie glo hoeveel Marmosette daar was nie. Dit was nou soos ‘n DBV net vir Marmosette wat niemand meer wou hê nie. Dis bitter hartseer en wreed.

    My wilde apies is weer hier. Tyd om vir hul ontbyt te gee. LOL!
    Lekker daggie vir jou en o ja, moenie so hard op jouself wees wat fotografie aanbetref nie of soos die engelse sê : Don’t take yourself too seriously. Fotografie is fun.🙂

    • Ja … ek glo ook dat hulle maar in die natuur moet bly en as dit dan heeltemal nodig is in ‘n dieretuin.

      Glimlag… ek moet hard wees op die fotografie, dis al hoe mens vooruitgaan. Om te sê alles is net mooi en kan nie beter nie beteken dat mens laat slap lê. Ek moes net die foto’s by die ander venster geneem het, dan was die son nie so hinderlik nie. Dankie egter dat jy gaaf is.

      • Hoe so? Wil jy jou foto’s verkoop of het jy ‘n fotografie besigheid? Nee man, geen mens gaan vooruit as jy so hard op jouself is nie. Ek weet want ek is my eie “worst critic” maar ek het besluit ek doen dinge vir myself en ek maak dit fun vir myself. Dis vir my net lekker om foto’s te neem en agterna te sien wat ek geneem het..dis waarin die grootste plesier vir my lê..vir daardie oomblikkies wat ek vasgevang het wat ek dalk nooit weer gaan sien nie. Dis omtrent pret! Ek voel vere vir skadu’s en reguit lyne en al daardie “hoo-ha” en wat ander mense sê. Dis lekker om te weet hulle het die foto’s geniet maar ek soek geen “ontleding” nie. Ek deel net wat ek sien en as hulle nie daarvan hou nie, moet hul verby hou. Ek hou van jou foto’s maar dink regtig jy is hopeloos te hard op jouself en moet nie wees nie. Ek kan nie mense hanteer wat ander se foto’s en werke kritiseer sonder dat hul daarvoor gevra het nie en as jy daarvoor vra is opbouende kritiek die beste. Ons is hier om by mekaar te leer…nie om mekaar te strem nie.🙂

        • Oeps… nou is jy kwaai.
          Ek geniet my fotografie net so baie, maar werk na daardie ‘een-uit-‘n-miljoen’ foto.

          • LOL! Nee glad nie, jy wil my nie hoor of sien as ek kwaai is nie..hehehe. Ek is net eerlik en dink mens moet geniet wat jy doen en ek dink ook daar is te veel mense wat dinge doen net omdat hul ander wil beindruk en dan raak dit kompetisie en op die ou end verloor mens heeltemal die fokus van hoekom jy iets begin doen het en doen dan dinge wat ander van jou verwag en waar is die plesier daarin? Daar is so min van ons wat doen wat ons geniet en nouja, dan kry jy mense wat dit als kom opfoeter met hul negatiwiteit en dan raak ek properly die hel in. Glo my, ek het honderde foto’s vanoggend geneem van die apies wat hier kom kuier het vanoggend en uit al die honderd is daar net ‘n paar wat ek dink goed is en ek is tevrede daarmee. Daar was heelwat uit fokus uit omdat hul so vinnig beweeg maar what the heck? Soos ek altyd sê vir myself : That’s life, get over it! heheheheh
            *hugs*

  3. Nie vir my nie, dankie

  4. My ma wat meer van hierdie dinge weet raak baie onsteld wanneer sy mense met `mak’ apies sien.

    All monkies, apes etc get very aggressive and frustrated when they reach the age where they want to mate. They might seem docile and loveable to their owners but one day out of the blue they react like a caged wild animal and they tear people apart. I think people underestimate how dangerous these animals are.

    Ek glo dis nie gesond om so ‘n dier in jou huis aan te hou nie. Hulle stink en mors.

  5. That’s interesting. Thanks for sharing!

  6. Hul moet seker iewers wieps en enige plek is goed genoeg! Klompie jare terug was dit die inding om so n apie te he. Lyk my nou word die arme diertjies maar weer in menslike omstandighede ingedruk.
    Oulike fotos. Die handjies wat so gevou is is te pragtig

  7. Hulle lyk maar kwaai, ja.

    Dit is mos so dat ‘n mens die foto’s wat jy nie geneem het nie, vir altyd onthou en altyd spyt is daaroor. Gelukkig het jy die apies mooi gekiek.

    • Ek het so die allermooiste likkewaan gemis – het skoon vergeet van die selfoon. Die foto’s is maar effe oorbelig… ek sal nog daar kom om kanse met ‘goeie’ foto’s te kry.

  8. Kyk daai beneukte ogies! Dieet ? moet hul nie sekere kos eet nie…. en pootjies lyk te veel klouerig…

    • Ek het gevra … die vrou sê hulle eet soos mense? Ek het maar my bedenkinge. Mens het glo ook nie eers ‘n permit nodig nie. Hy het ‘n doek aangehad terwyl die een wat ek in die Spar gesien het vir my beter en rustiger gelyk het.

%d bloggers like this: