RSS Feed

Kosmos

Dis al of die kosmos se blus uit is. Miskien is dit omdat die einde van die seisoen is, maar ek het die prentjie van wuiwende pienk blomvelde in my kop en toe ek die naweek in die Vrystaat kom is dit toe net ‘n vae droom. Waar is die donker pienk en selfs maroen blommetjies? Ek het begin skoolhou op die Hoëveld en het die wonderlike kosmos seisoene beleef. Letterlik en figuurlik… en nou is dit vir my flou… is ek verkeerd?

 

 

 

28 responses

  1. Absoluut pragtig en jy het dit so mooi ge-capture! Ek is mal oor die helder pienk Kosmos!🙂

  2. Oooooooooeeee, so mooi!! Ek love kosmosse, lank terug het ‘n tannie, wie ek goed geken het, vir my ‘n kosmos geskilder. Ek het dit nou nog. Toe sien ek ook sommer ‘n F1 link hier op jou blog – wens ek het tyd gehad om daar te gaan speel. Ek love F1!🙂 Terloops, altyd op die plaas kosmosse in ‘n blompot gehad. Die Oos-Transvaalse paaie was altyd dig begroei met dit.

    • Ja die kosmos skilderye trek my ook altyd.

      Die Fi is regtig nie moeite nie … dis die dekselse rugby wat my nederig hou! Jy moet net praat dan val jy sommer by ons in. Jy kan darem nog rondtes wen?

  3. Pragtige fotos rondomtaliedraai😉 Ons het vir 21 jaar tussen die kosmosse gebly en met tye armsvol gepluk om in die huis te sit. Gister ry ons weer daardie wêreld en ek sê vir my man waar is die kosmosse van ons jare, dit is al asof hulle fut weg is.

  4. Ek soek ook altyd na die donker maroon Kosmos blomme maar hulle is seldsaam. Dis onnatuurlik om hulle in ‘n tuin te sien.

  5. Pragtige fotos van een van my gunsteling blomme! Ek verlang nou na die Hoëveld!

  6. ek vind dat die hoeveldse kosmos die mooiste is. Ek was 2 somers gelede vreeslik teleurgestel toe ek n pakkie ‘shady ladies’ saadjies gekoop het en niks anders as kosmos gekry het nie. Kosmos hoort nie in die tuin nie.

  7. Kosmosse is die eerste blomme wat ek wild vir my destydse meisie, nou my bruid, gepluk het. Na ‘n koue oorlog is dit net kosmosse wat die lug weer kan suiwer. Die fotos is baie mooi. Jy kry dit reg om my in die veld te plaas. Baie dankie.

  8. maak altyd ‘n mooi foto🙂

  9. Mooie fotos! Dit is omdat die paaie nie meer aan die kante geskraap word soos vroeer nie. Kosmos groei mos net op omgedolfde grond. Kosmosse hier is ook net n vaal pienk of wit – dis nou die wat in tuine geplant word.

  10. Pragtig. Ek is baie lief vir kosmos. Het my altyd verkyk daaraan in Bethal se wêreld.

  11. Oppad Vaaldam /Deneysville sien mens soms plate kosmos.

  12. Ek mis dit hoor…maar die foto lyk nie vir my soos ek dit onthou nie. Maar dit is nogsteeds verskriklik mooi.

%d bloggers like this: