RSS Feed

Monthly Archives: Maart 2012

Eish…

In hierdie tyd van hoë mure en slotte is dit seker nie vreemd dat jy selfs jou verwaarloosde murasie ten alle koste wil beskerm.

Ek het reeds vertel van die lekker foto geleentheid wat ons Saterdag in Potties (‘n buurdorp) gehad het en daarom was die nie vreemd dat ek my  vriendin se uitnodiging om vandag weer saam te ry, aangegryp het. Ons sou nadat haar besigheid afgehandel is weer na ‘n interessante murasie gaan vir nog ‘n paar foto’s.

Saterdag het ons met die buurman gepraat en hy het gesê dis sy pel se plek en hy sal glad nie omgee as ons foto’s neem nie.  Vandag het ons skaars geland en ek het ‘n sou stoel wat half in die skadu gelê het opgetel en ‘n foto geneem. Toe ‘n man met ‘n spoed stilhou. Dit is sy baas se plek en die is glo baie ontevrede dat mense daar kom foto’s neem.

Nadat ons mooi verduidelik het dat die buurman gesê het dit is reg en as ons geweet het wie om te vra ons dit beslis sou gedoen het, het hy voet by stuk gehou en het ons ons skouers opgetrek en gery.

My vrae is nou dit:

1. Is twee goed geklede dames ‘n bedreiging vir sy eiendom?

2. Dink hy daar is iets wat ons verder sal verniel of selfs wegdra?

3. Dink hy ons sal dalk daar oornag?

4. Waarom het die man nie aangebied om sy baas te bel sodat ons vir hom kan vra nie?

5. Is ons gevoel van bedreiging al so groot dat ons almal oor dieselfde kam skeer?

Of is daar dalk ietsie wat hy wil wegsteek? Ek wonder maar net.

Fotografie opdrag – Gryp die oomblik

Ek werk nog volstoom aan die opdrag en hoe meer foto’s ek het hoe moeiliker word dit om te kies. Grinnik… ek het nou die week al meer eierbroodjies geëet as in die res van my lewe. Die foto’s is egter nie regtig na my sin nie. Ek sal maar wag vir die mentor se ‘kos’ lesing want ek doen duidelik iets verkeerd.

Ek wil jou egter vra om bietjie te help met die ‘Gryp die Oomblik’ foto’s Watter EEN sou jy instuur vir die opdrag?

 

 

 

Geveerdes 1

Om voëls te fotografeer is gewoon nie die maklikste ding met ‘n vaste-lens-kamera nie. Jy het geduld nodig en selfs dan vlieg hulle maklik uit die raampie uit.  Die enigstes waarmee ek effe sukses gehad het is die minder aktiewe in die parkie by ons plaaslik Casino.

Het jy dalk ‘n paar wenke hoe om die geveerdes maklik en mooi in die lens te kry?

Die Witkruisarend het ‘n vlerkprobleem en word in ‘n kampie aangehou … hulle het nie baie hoop op sy rehabilitasie nie.

 

Tong in die kies 1

Terwyl ek  nou die foto’s het, moet ek so effens verneuk deur volgende met jou te deel.  Hoe waar dit is, kan ek nie voor instaan nie !

Die betekenis van Kleur : Geel

Staat voor : logica, de geest en het denken en voor kennis van diverse aard ; de kleur van de communicator.

Positieve eigenschappen : geel is de kleur van het levendige temprament, waarbij de geest zich verdiept in nieuwe ideeên, plannen uitdenken of kennis verzamelt. Het is in wezen een kleur van vreugde en van duidelijke communicatie. Heldergeel hoort bij een acteur of entertainer, trwijl fris geelbruin op een wetenschappelijk ingestelde geest duidt.

Negatieve aspecten : onregelmatige, ruwe strepen geel kunnen wijzen op hyperactiviteit, terwijl onder mostergeel jaloezie of wrok kan schuilen. Geel met een metaalglans erover verbergt geheimen of minder eerlijke bedoelingen.

Lichamelijke verbanden : een zuiver heldergeel duidt op goed geheugen, een uitstekend concentratievermogen, een goed functionerend lymfestelsel en zenuwgestel en een gezonde spijsvertering . een dofgeel kan duiden op spijsverteringsproblemen. Ook op huidkwalen, vooral gerelateerd aan stress en op zenuwuitputting of gespannenheid. Geel beheerst de buikstreek, de lever en de nieren, het zenuwstelsel en de gewrichten, waar reumatiek of artritis kan optreden.

http://www.anja-mystery.be/Aura%20betekenis.html

“Wednesday Song Title Interpretation: Butterfly”

http://jullianeford.wordpress.com/2012/03/21/wednesday-song-title-interpretation-butterfly/#respond

Fly or never fly, across the sky fly forever fly my butterfly fly or never fly,
across the sky fly forever fly my butterfly everytime i close my eyes
i can fly across the sky i spread my wings i feel fine i see my world so blue
and no doubts i’d seel my life for a dream come true
live one day and then i’ll die like a butterfly. I fly, i fly, i fly

http://www.lyricsty.com/gabry-ponte-my-butterfly-lyrics.html

 

Liplekker Afrikaans

Saterdag kry ek ‘n geleentheid op weer bietjie in Potgietersrust (Makopane) te gaan in loer en weer besluit dat in die kleiner dorpe nog lekker dinge in Afrikaans gedoen word.

Waar anders in die wêreld kan jy  jou beskuit so lekker bemark? Ek dink in elk geval dat Suid Afrikaanse beskuit in die top 10 van die wêreld moet wees.

Nêrens in die wêreld kry jy erdwurm koeksisters … liplekker dik vol stroop as jy daarin byt. So lekker dat jy jou vingers sal saam opeet.

 

Maar ons mens moet nooit vergeet dat jy in Afrika is nie.

‘n Ander groot lekkerte wat ons raakgeloop het is sowaar ‘n roomyskarretjie – net soos in die ou dae.  Wel darem amper. In die ou dae was hy sonder ‘n sambreel en daar was sommer baie van hulle. Onthou jy die lekker water-roomys  – suckers! Die wat jy gesuig het tot die kleur uit is? Onthou jy daai lekker grenadella bolle?  Og watter wonderlike tyd was dit nie!

 

Eersteling

Mens jaag mos elke keer van punt A na punt B en neem nie genoeg tyd om bietjie by die afdraaipaadjies af te draai en nuwe plekkies te ontgin.  Saterdag het ons egter net die dit gedoen.

So 20km van Polokwane (Pietersburg) is die Eersteling monument. Dis so half verskuil tussen die koppe van Ysterberg.  ‘n Netjiese grondpad neem jou daarheen, maar oppad daarheen  ontmoet ons die kloppie voetgangers. Dis toe toevallig ‘n oud-kollega van my met sy Voortrekkerspan. Vrolik en jonk… Lekker om kinders sonder selfone in die hande te sien. (Hulle moet 20km stap vir hulle stapperskenteken)

Die monument is nou nie indrukwekkend nie maar dis die plek waar die mense in 1871 vir die eerste keer goud gemyn het in SA.  (Jammer die foto is so sleg ek het aangeneem dit lyk beter, en het nie nog een geneem nie.)

Hier het ek probeer om die opdrag se vreemde invalshoek te probeer, maar die foto laat nie my hart vinniger klop nie. So die soektog duur voort.

Kyk nog hoe lekker groen is die bosveld nog so tussen die koppe. Goed hulle kry meer reën as ons in die dorp maar dis darem al amper einde Maart.

Tog jammer dat ons land se monumente nie beter opgepas word nie. Aan die ander kant as mens so min moeite doen om dit op te soek. Is dit seker nie vreemd nie.

Eensaamheid

If there is a look of human eyes that tells of perpetual loneliness, so there is also the familiar look that is the sign of perpetual crowds.
Alice Meynell

Was jy ook al eensaam tussen  ‘n groot groep mense? Dit is of jy buite jouself en die groep staan en verlang na mense wat jy nie ken nie.

 

 

Die tyd is daar…

“die swaeltjie op die telefoondraad
luister af hoe praat
die mense hoe knieserig brom
hulle van die koue wat kom
uit die barre suide van die lieflike oorde
wat lê die warm welige somermaande
dis hoe die swaeltjies so korrek
weet om agter ons drome aan te trek.” – T.T. Cloete, Luisterswaeltjies

Ek het ‘n heerlike Foto’oggend gehad en sal nog van die foto’s graag met jou wil deel.  Hier in die bosveld is die herfs besig om nader te staan, Dis eintlik ‘n pragtige tyd, maar ook so effens hartseer om die somer en die swaeltjies te groet.  Hoe voel jy as jy sien die swaeltjie kom groet? Party gaan nooit weer terug kom…

Laat ek ophou voor ek heeltemal in die verdrietigheid verval. Hoop jou naweek is mooi …

Image

Ag nee – nee – nee.

Bykans met ‘n mens se eerste les leer ‘n mens dat jy moet seker maak dat alles wat binne die foto moet wees, daar is – so as jy ‘n vollengte persoon afneem beteken dit dat alles binne die foto behoort te wees. Van die toontjie tot die kroontjie.

Hiermee het ek nog altyd ‘n groot probleem. Ek raak so opgewonde dat ek alle beginsels vergeet en vinnig neem net omdat ek bang is om die oomblik te verloor. Die gevolg is dat daar letterlik ‘n groot % van die foto’s onbruikbaar is.

Gistermiddag het ek gaan foto’s neem by ‘n vriendin se kleinkinders. Die outjies het lekker saamgespeel maar die fotograaf was die vlieg in die salf!  Ag Nee Tina… jy weet mos van beter.