RSS Feed

Photoshop

Die kursus wat ek doen is in werklikheid ‘n beginnerskursus wat jou leer om jou kamera ten volle te benut.  Dis nie vir professionele fotograwe of vir die kommersiële gebruik van foto’s nie.  Die klem is op die persoon en die kamera as enigste hulpmiddel.  Die gebruik van Photoshop word baie sterk ontmoedig.

Ek het ‘n ernstige probleem met horison lyne wat heeltyd na regs kantel. Ek dink dit moet ‘n ernstige breindefek hê , want dit lyk altyd vir my reg – en ek gee regtig aandag as die grid lyne, maar as ek by die rekenaar kom is dit maar weer skeef.  Ek is glad nie Photoshopvaardig nie, maar  ek kan darem nou al my horisonne reguit trek.  Ek het darem al bietjie rondgespeel en deel graag die met jou die volgende foto:

 

23 responses

  1. Daardie kersies lyk heerlik!! Baie mooi foto!

  2. Nee man! Nou is ek darem net te lus vir cherries! En ek kon nog nooit lekker cherries kry in SA nie. Die in die winkels is gewoonlik al oorryp. Sjoe! My mond water nou!
    Ek is ongelukkig ‘n mik-en-drukker. Jy maak my nou lus vir ‘n kursus! Maar eers moet ek seker die ander goed waarmee ek besig is, klaarmaak. Dit gaan nog laaaank vat!

    • Jy is reg. Kersies hier by ons het ook lank in die koelkamers gelê is regtig baie duur.
      Die kuersis wat ek doen is lekker want jy is nie vreeslik deur tyd gebonde nie. So jy werk in jou eie tyd

  3. I like the RED version …
    sniffing cherries
    groetjes van fritstekst / frizztext
    http://flickrcomments.wordpress.com/2012/03/31/interracial-chat/

  4. Ek het ‘n swak vir die kersies …

  5. Jy praat die taal van my liefde…. fotografie!! Maak nie saak of jy dit net vir jouself doen nie, as jy leer van reguit horisonne ens. mik en druk jy nie net meer nie😉 Daardie vrugte lyk soos die appel vir Eva moes gelyk het!

    • hehehe… jy praat my taal. Het jy ‘n kursus gedoen? Is jy goed? Wat geniet jy die meeste… hoop- nie landskappe nie Ek hou die heel minste daarvan.

      Dis kersies wat met ‘n vloekskoot so mooi gekom het. Weet darem nie of kersies die ding in die paradys sou gedoen het nie.

      Lekker naweek

      • Ek het ‘n fotografiese kursus geloop wat vir my deur die eienaar van ‘n fotografiese winkel betaal is, op die voorwaarde ek werk in die winkel terwyl ek leer. Dit het behels dat ek nie net studiowerk gedoen het nie, maar kameras moes leer ken, fotos print, en alles wat daarmee saamgaan. Digital kameras het net, net begin posvat, maar ek het met film leer skiet. Die grootse challenge was die troukursus, aangebied deur ‘n top “troufotograaf.” Daarna het ek ‘n studio oopgemaak, en troufotografie gedoen. Dit sê dus, om mense af te neem was my passie.

        • O dis interessant. Ek het een troue vir ‘n opdrag afgeneem en dit was vir my geweldig interessant. Ek sal dit seker nooit komersieeel doen nie, maar die modelwerk en troue was vir my ook ongelooflik lekker.

          Ek sou wat wou gee om so gespesialiseerde kursus te kon doen. My hulpbronne is egter beperk. As mens net ‘n klein familoie en min vriende het is die troues maar skaars.

  6. EK is gek oor PhotoShop! Ek verander geensins my foto’s nie, mara gebruik dit om voorblaaie te maak en allerhande ander goed. Horisonne regtrek is baie makliker in Picasa as in PhotoShop. (Laai gratis af) Crop, crop ek in Microsoft Picture Manager wat saam met Google kom.

    • Ja ek sal dit ook met die tyd nog leer.
      Ek het eenkeer Picasa afgelaai en toe dupliseer dit al my honderde foto’s – toe is my rekenaar so stadig dat dit amper onbruikbaar is. Ek crop en trek horisonne reguit met Photoshop elements. Dit werk goed vir my.

      Lekker naweek

  7. I dont know much about photography, but for me your pics are wonderful!
    *hugs*

  8. Hoera nog mense wat Photoshop opsy skuif!!! Onthou soos skilder is fotografie ook maar ‘n selfsugtige kuns en soms wil mens die “gridlyne” teen ‘n hoek hê, maar nooit met die see horison nie. Geniet die naweek.

    • hehehe… ek het al baie raas gekry daaroor. Nou lyk akkes vir my skeef en met die nuwe opdrag gaan ek weer sukkel. Ek hou nie baie van landskappe nie

    • Ag nee Newsferret! Photoshop is net soveel fun soos wat fotografie is. Dis geen kompetisie om te kyk hier wie is die beste en wie neem die mooiste foto’s nie. Ons deel elkeen ons eie tipe “kuns” hier, whether dit fotografie, grafiese kuns of gedagtes is en moet geensins selfsugtig wees nie. Ek geniet dit om foto’s te neem en daarmee rond te speel, maar dit weet jy nou ookal en ek weet jy keur dit glad nie goed nie, maar weereens en soos jy altyd sê, “each to his own”.🙂

%d bloggers like this: