Ek is ‘n groot voorstaander van fantasie – dis nou outydse fantasie van sprokies en stories met kabouters en feetjies (ja en hekse en trolle ook – ongelukkig) Die enigste wat nie vir my geloofwaardig is Hansie en Grietjie – ek kan nie glo dat ouers hulle gebroedseltjies sommer so in die bos sal kan laat nie. In my tuin is daar beslis glo ek feetjies en kabouters wat saans in die maanlig kom baljaar.
As ‘n mens nou op my ouderdom met fotografie deurmekaar raak, is daar logistieke probleme waarom mens moet werk. Jy kan nie met jou rumatiek lyf op die grond rondrol of in klein gaatjie kruip, want uitkom sal jy nooit weer nie. As jy dan nog ‘n vroumens is, kan jy nie sommer in jou kar klim, langs die pad stilhou, jou kar sluit en op eensame of selfs minder eensame plekke gaan foto’s neem nie. Daarom moet mens soms terug gryp en van jou omgewing gebruik maak vir ‘n foto-opdrag.
Ek het dus bewyse van die feetjies en kabouters in my tuin en het hulle een oggend op wasdag betrap het! Ek het die onderste foto vir ‘n opdrag gebruik.
nice ritual!
Smile… yes.
Have a great weekend!
Wow! Dis so cool!
Dankie. Mens moet mos maar planne beraam as plan A nie werk nie.
Cute!!
Dankie vir die inloer!
Dit is fassinerend om te sien hoe jy die kwessie van die “fantasie” hanteer het.
Thank you… this was a photography assignment.
Have a great weekend.
Hier naby ns het iemand so ‘n feëtuin. Ongelukkig is dit nie vir die publiek oop nie, maar kan mens op uitnodiging jou gaan verwonder aan al die kaboutertjies en feetjies wat daar wegkruip.
Ooooo ek sou so graag dit wou sien Hoe kry mens so uitnodiging?
Mens moet iemand ken wat iemand ken, jy weet mos.
hehehe… sug… nou bly ek ver en ken nie iemand wat iemand ken nie!
Ek glo ook aan feetjies. Soms is dit doodstil, maar daar is ´n blaartjie wat heen en weer beweeg, Dit is tog bewys dat die feetjies op daardie blaar speel.
Glimlag… ja jy weet!
Het kabouters vere?
🙂
nee maar hulle het verekombersies? 🙂
Dit laat my dink aan die kraletjies wat ek saam met my ouma uitgesoek het om vir die feëtjies – wat die aand in die maanlig op die tafel gaan kom dans – uit te sit.
Ek glimlag vir daardie rumatieklyf wat nie meer so lekker oral pas nie 😆
Daardie foto is al te fyntjies!!
Ag wat ‘n wonderlike Ouma!
Jou feetjies het darem maar baie groot wasgoedpennetjies 😯 Ek was nou nog nie so gelukkig om myne in die tuin te sien nie, maar ek weet hulle is daar.
hehehe… hier in Limpopo waar alles mos ‘groot’ gedoen? Jy moet maar elke oggend vroeër opstaan dalk gewaar jy hulle.
Dankie vir die inloer.
Is dit nou nie te fraai nie !
Het jy ook feetjies in jou tuin?
Ha-ha! Weet jy hoe het die tuinman vir ek en buurvrou gelag toe ons rondgekruip het vir die mushroomfoto?!?
Siestog… ek kan my voorstel, maar mense moet maar lag want dis elke sekonde en elk bietjie moeite werd. Ek het agter gekom mense is eers verbaas maar dan so behulpsaam dat mens eintlik skaam kry. Selfs Lina wat die slak aangedra het … jy kan nie dink hoeveel plesier sy uit die foto’s gekry het. Ek gaan sommer vir haar afdrukke maak.
In Swellendam is mos die Feëtjie plek, ‘n fees vir mens se verbeelding. Kinders loop op die punte van hulle tone deur die hele tuin en oral is daar tekens van lewe van feeëtjies, soos jou foto’s hierbo. Ek was al 2x daardeur en elke keer geniet ek myself ten volle.
Jy sal iets vir hierdie kleine maters moet uitsit, gewone kos gaan nie werk nie ….
Ooo ek sal dit graag wou sien … daar is glo diep in die Magoebaskloof ‘n kruie vrou wat soos ‘n kluisenaar woon en waar dit ook lyk of mens enige tyd so kreatuurtjie sal raakloop
My boet se dogter was so 4/5 toe ons die plek besoek het, sy het behoorlik op haar tone gestap om NIE die feetjies te steur nie. Ek dink hulle het ‘n uitstekende idee gevat en dit in ‘n besigheid omskep. Wonder of iemand nie die plek in Magoebaskloof al besoek het nie? Sodat ons darem kiekies kan sien??
Jong ek het dit net op hoorsê en jy weet hoe sulke goed werk … mens is soms teleurgesteld.