RSS Feed

Mnr/Me Slak

Soms val daar ‘n fotogeleentheid in mens se skoot en dan moet jy skep solank jy kan.

My huishulp werk net Dinsdae en Donderdae by my en dan word die plante in en buite die huis natgegooi – Ja, ek doen dit soms self, maar sy doen dit met vreugde. Vanoggend kom sy met ‘n ou potplant met die allermooiste slak lekker uit sy dop.

Ek het wild en wakker foto’s geneem, maar dit het nie te goed gewerk nie. Toe verander ek die die Witbalans en kyk nou – nie te sleg nie sou ek sê!

Iemand moet nog eendag vir my vertel waarom mens baie keer ‘n rooi blokkie kry as jy inzoom?

 

 

 

 

 

43 responses

  1. Pragtige fotos maar slakke maak my gril.

  2. Hallo. Mooi foto’s maar ek sal die etery ‘n mis gee dankie🙂 Watter rooi blokkie as jy inzoom? In jou viewfinder? Watter Nikon model het jy? Verwys jy dalk na die fokuspunt? Ek vat ‘n wilde raai want ek is ‘n Canon mens en die enigste rooi blokkie waarvan ek weet op ‘n Canon is in die viewfinder en van die modelle het byvoorbeeld 9 fokus punte en dan kan jy deur na een van die punte te kyk die kamera so “wys” waar jy wil fokus en die fokus punt sal dan rooi flits sodat jy weet waar die kamera gaan fokus. Daar is ook gewoonlik ‘n manual setting as jy dit wil override.

    • Ja dis die fokus punt. As ek op makro werk en ek zoom in gebeur dit baie dan moet mens uitzoom en nader of verder beweeg. Ek dink die probleem lê in my kop. Die prentjie in my kop en die op die kamera kom nie altyd ooreen nie.

  3. BAIE mooi foto’s, maar ek hou niks van slakke nie, ek gril vir hulle – hulle is te ‘nat’🙂

  4. ek hou van die toepaslike opskrif vir hierdie inskrywing, want slakke so verstaan ek, het nie seksveranderinge nodig nie, hulle het sommer vanself beide geslagte en met hulle bymekaarkom kry altwee van hulle, geleentheid om mevrou te word, met swangerskap en al.

    Bekyk en lees ook Joernaal-Talent-Taal.com waar elke inskrywing visueel en verbaal is. Daar is verstommende inskrwings.

    • Dis nou interessant. Ek weet nie veel van slakke. My matriek biologie is/was ligjare gelede. Hulle plant in elk geval fluks voort. Veral die kleintjies.
      Ek sal kom inloer Dit klink interessant!

    • Pragtige foto’s van ‘n liederlike indringer spesie. Hierdie lyk soos Heliz aspersa. Oorsee is dit meer Helix pomatia wat gekweek word vir die kommersiele mark, alhoewel H. aspersa ook eetbaar is.

      Slakke is dubbelslagtig ja, en wanneer hulle paar word ‘n spermpakkie oorgedra na die ander slak. Die spermpakkie kan in die ander slag ‘gestoor’ word indien toestande ongunstig is om eiers te le. Dit gee maklik aanleiding tot die mite dat slakke hulself kan bevrug. Eintlik is dit maar net ‘n spermpakkie wat gestoor was wat verantwoordelik was vir bevrugting.

      Interressant is dat die geslagsopening by die kop is, en indien jy ‘n slag sien met ‘n witterige uitsteekseltjie dan kyk jy vas in sy penis. Moet dit egter nie verwar met ‘n ‘love dart’ wat ingeskiet is nie.

      Die groot Bosveldslakke, Achatina immaculata, en ander Achatina spesies het ook ‘n ‘love dart’ wat hulle in die ander slak skiet sodat die ander slak gestimuleer word. Lees hier oor die love dar, daar is oulike fotos wat die proses illustreer.

      http://en.wikipedia.org/wiki/Love_darts

  5. Gaan jy hom eet vanaand?🙂

  6. Jy laat die slak byna mooi lyk!😉

  7. Ek is net ‘n mik-en-drukker. Ek bewonder fotograwe soos julle, wat weet wat om te verstel en dan die wonderlikste foto’s te neem.

    • Die ding het laat in my lewe gekom Toe ek aftree besluit om die kursus te doen en nou raak die mentor oom nie van my ontslae nie. Dis lekkerder as wat ek ooit kon dink!

  8. Treffende foto’s.

  9. Dit is rêgtig baie mooi fotos… maar ek sou die slak eers sout gegooi het, voordat ek aan ‘n foto kon dink.

  10. Nou toe, pragtig man! Mr slak is uitgevang en vasgevang!

  11. Kan jy glo ! Sulke mooi foto’s van een grillerige goggo !

  12. Stunning!! Ek stuur die skakel vir suster Slakkelak. Jy kan gerus bietjie by haar gaan lees. http://slakkelak.wordpress.com/

%d bloggers like this: