RSS Feed

Terugvoer Foto-opdrag

Baie dankie vir elkeen se bydrae met my foto-opdrag. Ek het bewyse van die meeste van jou voorstelle, maar het op die einde tog ‘n finale keuse gemaak. Ek het ook vir my mentor van die blog vertel en hy het met belangstelling jou kommentaar gelees.

TERUGVOERING  : WERKOPDRAG 42

Foto 1 – Deel van die Geheel  –   Heel ongewoon en nogal interessant. Die beligting wat jy gebruik het laat eintlik die tekstuur baie mooi na vore kom. Die tekstuur is dan ook die sterkste eienskap van hierdie foto. Net `n wenk – jy kon met die groen takkie `n interessante diagonaal getrek het wat ook die agtergrond in `n teenoorgestelde diagonaal sou gooi.

Foto 2  – Gryp die Oomblik  –  Jy moes omtrent `n moeilike keuse maak en volgens jou blog het jy darem ook heelwat hulp gehad met jou keuse. `n Lekker lewendige en spontane foto met genoeg kleur en kontras. Om `n oomblik aan te gryp by kinders sny altyd dieper want hulle ontwikkel so vinnig dat jy amper van dag tot dag `n ander mens het om mee te werk.

 Foto 3  –  Raam in `n Raam  –  Ten spyte van al jou avonture het jy hier darem `n goeie foto gekry. Die toneel buite die raam kan heeltemal vereenselwig word met die raam self.

Beligting en fokus is puik en gaan gepaard met goeie sinvolle kontras. Let op hoeveel die wit muur daar heel agter bydra tot die lekker gevoel van diepte in die toneel. Netjies gedoen.

Foto 4   –  Vreemde Invalshoek  –  So `n foto trek gewoonlik aandag. Ek dink dit is omdat mense nooit regtig onder `n boom gaan staan en opkyk na sy loof nie. Dan besef hulle nie altyd hoe veel mooi hulle gewoonweg uitmis totdat hulle na so `n foto kyk nie. Baie lyne wat van die kante af inloop om die oog vas te hou binne die kern van die foto. Ek weet hoe moeilik dit is om eweredige beligting te kry by so `n foto en jy het dit heel goed hanteer.

20 responses

  1. Baie mooi!! Welgedaan. So wat is volgende? Die boom was veral besonders mooi vir my.

    • Die boom was ‘n nagedagte… wys jou net as mens in die moeilikheid is, kan mens gawe planne kry.
      Die volgende lyk ook lekker … maar heeltemal anders. Ek dink my hulpbronne is beperk maar ek gaan ‘n paar dae vir ‘n vriendin kuier waar ek heelwat kan uitrig hoop ek.
      Dankie vir die saamlees.

  2. Dis lekker om die avontuur saam met jou mee te maak.

  3. Pragtig man! Puik fotos en kommentaar!

  4. Goeie terugvoer. Geluk !🙂

  5. Jy het ‘n mooi keuse daar gemaak.

  6. Laat ek nou weer probeer.

    lekker positiewe terugvoer

    • Dankie vir die inloer.
      Ek het die epos van jou blog gekry (Die Kersies) maar toe ek na jou blog wil gaan om kommentaar te lewer gee dit ‘n error-boodskap. Jy het iewers iets verkeerd gedoen. Jy moet vir Roly kry om jou te help

  7. Sommer stunning! Ek mik en druk mos net, maar hier kan ek sien dat as mens aandag gee an wat jy doen, jy iets besonders kan maak. 10/0!!!

  8. Boom is ook vir my pragtig…..wat sit in die boom, regs bo ?

    • Jong ek het twee foto’s van die boom wat ek uit moedeloosheid geneem het. Ek kan glad nie sien wat dit is nie … *fluister* dit lyk na my kuif maar dit kan nie wees nie.

  9. Boom is STUNNING! Waar is die eierbroodjiefoto? Sit een op, toe?

    • Die boom was die laaste een wat ek geneem het – daar is letterlik 100 foto’s van elke ding van elke invalshoek… was vir my moeilik die een.

      Sal vir jou die broodjie opsit.

%d bloggers like this: