RSS Feed

Herfs

Vroegherfs

 
Die jaar word ryp in goue akkerblare, 
in wingerd wat verbruin, en witter lug 
wat daglank van die nuwe wind en klare 
son deurspoel word; elke blom word vrug, 
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val 
so stilweg in die rookvaal bos en laan, 
dat die takke van die lang populiere al 
teen elke ligte môre witter staan. 
O Heer, laat hierdie dae heilig word: 
Laat alles val wat pronk en sieraad was 
of enkel jeug, en ver was van die pyn; 
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort 
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas 
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Uit Vroegherfs NP van Wyk Louw

 

Uit Vroegherfs NP van Wyk Louw

Ek leer die laaste tyd baie van agterlig. Hierdie is een van my gunsteling foto’s maar dit was net toevallig dat die agterlig hier goed gewerk het. Ek het bv. Saterdag ‘n rugbyspannetjie afgeneem waar as ek nie so luis was om ‘n paar tree te loop die probleem uitgestryk sou wees.

Dis is ‘n mot wat ‘n middagslapie weg van die herfssonnetjie neem.

In die laatmiddag son verkleur alles na die ryk kleure. ‘n Ideale tyd vir fotografie soos ek verneem. ‘n Jong vrou waarvoor ek skool gehou het, het vertel dat dat die modelle altyd met fotosessie gewedywer het om laaste te wees omdat hulle geweet het  hoe vleiend die lig is.

29 responses

  1. beautiful pics!
    *hugs*

  2. Gee maar daardie ekstra treetjies, ‘n foto is dit werd!! Jy laat my weer lus kry vir “fotografie,” en nie mik en druk soos wat ek dit nou doen nie. But then, there is a season to everything…. en ek is in “herfs.”

    • hehehehe… lekker laat jy my lag… ek is ook al ‘Herfs’ en die fotografiegogga het my gepak na ek afgetree het. Ek is nog glad nie so goed dat ek ‘n fotograaf genoem kan word, maar hoop om voor ek my koppie neerlê daar te kom. Dis vir my ongelooflik lekker, maar ek ken my beperkinge.
      Lekker week

  3. Blaar is pragtig met die woorde ook!

  4. Ek lees en raak verdiep in die gedig/gebed… en sien daar is sowaar nog ‘n ietsie ekstra by. Die mooiste boomfoto’s…

  5. Pragtige fotos van ‘n baie mooi seisoen en hoe gepas is NP van Wyk Louw se gedig!

    • Dankie Ons het nou nie die plate kosmosse soos julle nie maar as mens mooi kyk is die mooi daar. Ek verlustig my elke keer in die blou-blou lug met spierwit wolke.

  6. Ons het hierdie gedig in ‘n massakoor gesing toe ek nog gestudeer het. Dit was so mooi gewees ….

  7. Pragtige foto’s en een van my gunsteling gedigte! Ek is baie lief vir “agterlig” foto’s. Is dit jou wrintie die Afrikaanse woord vir contre-jour?

    • Baie dankie… ek het die agterlig nog nie onder beheer nie en besef gewoonlik eers as ek op die rekenaar kyk wat ek moes gedoen het… maar gee kans eendag is eendag.

  8. Die gedig …die fotos …..pasmaats, baie mooi eintlik meer ……

  9. T, jou foto’s is asemrowend mooi. Ek dink nie jy besef hoe goed jy is nie. Wanneer kry jy die nuwe Kamera?

    • Dankie vir die inloer en die kompliment. Ek is baie krities want ek weet hoe lyk werklike kunsfotografie en daar is ek nog lan nie by nie

      Jong hulle het nie in voorraad gehad maar hulle het enige dag verwag. Ek hoop dit kom vroeg die week.

  10. ‘n Gedig oor die teksture wat jy so mooi vasgevang het sou nou ook mooi gewees het – met Vroegherfs.🙂 is dit ‘n miertjie wat ek so effens onder die mot sien?- links ondertoe – lyk of daar so stukkie ‘glans’ is.

  11. Moet nooi die nut van agterlig onderskat nie. Pragtige fotos.

  12. Dis pragtig hoor! Mooi foto’s!🙂

%d bloggers like this: