RSS Feed

Eish…

In hierdie tyd van hoë mure en slotte is dit seker nie vreemd dat jy selfs jou verwaarloosde murasie ten alle koste wil beskerm.

Ek het reeds vertel van die lekker foto geleentheid wat ons Saterdag in Potties (‘n buurdorp) gehad het en daarom was die nie vreemd dat ek my  vriendin se uitnodiging om vandag weer saam te ry, aangegryp het. Ons sou nadat haar besigheid afgehandel is weer na ‘n interessante murasie gaan vir nog ‘n paar foto’s.

Saterdag het ons met die buurman gepraat en hy het gesê dis sy pel se plek en hy sal glad nie omgee as ons foto’s neem nie.  Vandag het ons skaars geland en ek het ‘n sou stoel wat half in die skadu gelê het opgetel en ‘n foto geneem. Toe ‘n man met ‘n spoed stilhou. Dit is sy baas se plek en die is glo baie ontevrede dat mense daar kom foto’s neem.

Nadat ons mooi verduidelik het dat die buurman gesê het dit is reg en as ons geweet het wie om te vra ons dit beslis sou gedoen het, het hy voet by stuk gehou en het ons ons skouers opgetrek en gery.

My vrae is nou dit:

1. Is twee goed geklede dames ‘n bedreiging vir sy eiendom?

2. Dink hy daar is iets wat ons verder sal verniel of selfs wegdra?

3. Dink hy ons sal dalk daar oornag?

4. Waarom het die man nie aangebied om sy baas te bel sodat ons vir hom kan vra nie?

5. Is ons gevoel van bedreiging al so groot dat ons almal oor dieselfde kam skeer?

Of is daar dalk ietsie wat hy wil wegsteek? Ek wonder maar net.

20 responses

  1. Hy is seker bang julle is journaliste wat wil skryf oor verwaardelose eiendome. Dis jammer dat julle nie kon voort gaan nie.

  2. Julle moes hom ‘n geldjie aangebied het. Heelwaarskynlik weet sy “baas” nie eers dat hy so ‘n werknemer in diens het nie.

    • Nee dis asof hy in sy sitkamer (3huise verder) sit en wag het. Dit was vreemd. Dis ‘n ‘n armrige deel van die dorp – hy is voor ons weg en het weer voor sy huis stilgehou. 10 uur in die oggend is nou ook nie ‘n normale tyd vir ‘n man om tuis te wees nie.

  3. Wat n storie! Almal voel bedreig. Wolf as skaapwagter klink dit my!

  4. Dalk voel hy skaam en wonder hoekom welgeklede dames daar op sy plek kom snuffel??? Of dalk is dit ‘n geval van mentaliteit?

    • Moontlik… wat soek ‘n man in elk geval daardie tyd op ‘n Vrydagoggend by die huis? Dis asof hy vir ons sit en wag het. Ons was baie openlik. Ek wonder of hy vir sy ‘Baas’ vertel het.

  5. Klink na die agterdogtige tipe. Wonder altyd wat het hulle om weg te steek.

  6. Mooi foto! Ja jongie, mens kry mense en mense en ek dink daar is iets wat hy wil wegsteek. Maar is bly jy kon jou “shot” inkry..hehehe
    Lekker naweek!
    *hugs*

  7. Ek dink eerder HY het iets gehad om weg te steek. Dalk ‘n daggaplantasie?😆

    • Ons was Saterdag daarin en het nie regtig gesien nie. Dis eintlik ‘n lieflike plek Dis nie soos ‘n ou verweerde murasie nie. Die verf trek sulke velle van die mure maar die bakstene is nog helder waar die rame uitgebreek is. Die buitekamer het so verweerde hout deur was half uit sy skarniere hang.

  8. Hel as bywas het julle en ke horde fotos geneem. Daai tipe opsigter is nie swaar genoeg om in ‘n kortbroek keffie toe te gaan nie.

    • Hy is nie regtig ‘n opsigter nie.. hy woon so drie huise van die murasie af en dit voel of hy sit en wag het. Tog het hy en die buurman gesê dat daar 6 huise gestroop en afgebreek gaan word.

      Ek is regtig spyt want daar is nog ‘n paar dakbalke oor en ek wou die ‘vreemde invalshoek’ daar doen. Ons moes maar vir ‘n nommer gevra het … maar mens is op die oomblik so oorbluf, jy reageer nie soos jy dink nie.

      hehehe… my vriendin se seun gaan Woensdag vir sy lisensie – miskien moet mens tog maar ‘n poging aanwend.

  9. Jy het nie ‘n oog op daai stoel gehad nie?

    • hehehe … sy een poot is af. Ek is half verontwaardig – het darem nog altyd my waardig gedra en dis die eerste keer (behalwe op die blogs) waar iemand my weggejaag het?

  10. Lag ek nou lekker dat jy ‘n bedreiging kan wees vir plaasveiligheid…

    • Jy spot… ek is eintlik verontwaardig. Niemand het my nog ooit weggejaag nie. Die bossies staan menshoogte binne die murasie en met terugry wonder ons of hy nie dalk daar ‘n paar daggabossies het nie… of dat ons gaan moeilikheid maak oor ‘n gesondheidsgevaar of iets. Kan jy glo op my ouderdom!

%d bloggers like this: