RSS Feed

Fotografie opdrag – Gryp die oomblik

Ek werk nog volstoom aan die opdrag en hoe meer foto’s ek het hoe moeiliker word dit om te kies. Grinnik… ek het nou die week al meer eierbroodjies geëet as in die res van my lewe. Die foto’s is egter nie regtig na my sin nie. Ek sal maar wag vir die mentor se ‘kos’ lesing want ek doen duidelik iets verkeerd.

Ek wil jou egter vra om bietjie te help met die ‘Gryp die Oomblik’ foto’s Watter EEN sou jy instuur vir die opdrag?

 

 

 

32 responses

  1. Ek is seker nou te laat, maar definitief die dogtertjie in die swaai🙂

  2. Nommer twee want sy lyk baie opgewonde. Nommer een sal my tweede keuse wees🙂

  3. No 2 – definitief ‘n gryp die oomblik foto!

  4. Definitief nommer een – almal van ons het al in bokse gespeel! Dit laat ‘n mens terugdink aan jou kinderdae🙂

    • Baie dankie vriend! Ek worstel nog maar om al die nuwe goed onder die knie te kry, maar hierdie is een van die heel beste skuiwe en ek is nou heeltemal bereind om my Mweb blog op te gee.

  5. Ek dink nommer 2
    Die ekstra lig is goed want dit maak die foto spontaan en in beweging lyk.

    Maar almal is mooi foto’s. Ek is mal daaroor om kinders af te neem veral as hulle nie eers weet nie.

    • Dankie Gogga… dit was in beweging en ek het letterlik 20 foto’s daarvan geneem. Ek het ‘n vorige keer ook al ‘n kind op ‘n swaai geneem en weet nou nog nie waar die beste plek is om te staan nie. As ‘n deel van die swaai in die son en die ander in die skadu is, is dit nog moeiliker vir my.

      Ja, die kinders was die dag op hulle stukke.
      Dankie vir jou sinvolle kommentaar en belangstelling

      Lekker naweek.

  6. Ek dink die 2de een.

  7. het ek jou treg ontdek op hierdie nuwe plek 9?????

  8. Pragtige foto’s! Ek sou no. 4 kies. 🙂

  9. Mooi foto’s. Ek hou van nr 4.

  10. Besluite, besluite, besluite! Bestaan alles nie maar uit besluit nie? Ek sien n Yorkie!

  11. Nommer 4 is my keuse.

  12. Oor die eierbroodjies – moenie kos té perfek probeer fotografeer nie, die tema moet perfek pas, maar bv ‘n lekker stukkie brand op kors, of so iets gee karakter!

  13. Dis moeilik om te kies. Ek hou van die dogtertjie in die swaai

  14. I think those are beautiful pictures!
    *hugs*

%d bloggers like this: