RSS Feed

Liplekker Afrikaans

Saterdag kry ek ‘n geleentheid op weer bietjie in Potgietersrust (Makopane) te gaan in loer en weer besluit dat in die kleiner dorpe nog lekker dinge in Afrikaans gedoen word.

Waar anders in die wêreld kan jy  jou beskuit so lekker bemark? Ek dink in elk geval dat Suid Afrikaanse beskuit in die top 10 van die wêreld moet wees.

Nêrens in die wêreld kry jy erdwurm koeksisters … liplekker dik vol stroop as jy daarin byt. So lekker dat jy jou vingers sal saam opeet.

 

Maar ons mens moet nooit vergeet dat jy in Afrika is nie.

‘n Ander groot lekkerte wat ons raakgeloop het is sowaar ‘n roomyskarretjie – net soos in die ou dae.  Wel darem amper. In die ou dae was hy sonder ‘n sambreel en daar was sommer baie van hulle. Onthou jy die lekker water-roomys  – suckers! Die wat jy gesuig het tot die kleur uit is? Onthou jy daai lekker grenadella bolle?  Og watter wonderlike tyd was dit nie!

 

24 responses

  1. Jis ja, ek onthou daai grenadilla bolle. Dit was die heerlikste. Mooi foto’s hoor!🙂

  2. Ag, hoe lekker. Ons Suid-Afrika en Afrikaans is enig in sy soort!

  3. Ai, suckers. Sherbert suckers, die ou vette met die stokkie in. Ek moet erken die winkels in ons omgewing het later net die grenadilla aangehou. Dit het ons met wit ys en al verorber.

  4. Dis ‘n “smart” roomyskarretjie !

  5. Ek dink nie ek het al ooit in Potgietersrus gekuier nie. Ek het al daar deurgery en een keer op pad na die wildtuin eers in Potgietersrus agtergekom ek is heeltemal op die verkeerde pad want ek was so in gesprek dat ek nie atergekom het ek ry heeltemal op die verkeerde hoofweg nie maar vir die res ken ek dit glad nie. As ek ooit weer daar is sal ek defnitief bietjie Gerda se beskuit gaan proe. Gaan sommer nou vir my ‘n lekker pot tee maak. Mmmm.

    • Die dorpe in die Bosveld is maar almal dieselfde, maar daar is altyd afdraaipaadjies. ‘n mens kyk altyd heel oppervlakkig na jou omgewing dat jy nooit besef die ryke onontginde waarde die plek het nie.

  6. Min mense kan beskuit en melktert nog lekker maak. Roomyskarretjies sien ons baie selde.

  7. One of the roads I travel have a sign that says “lekker Tuisgemaakde vetkoek” One of these fine days I’m going to pop into that house and get some🙂
    *hugs*

  8. Ja beskuit en tee, klink soos love and marriage🙂

  9. Heerlik! Nie net die roomys en fiets nie, maar Afrikaans, beskuit, koeksisters en ook liewe Potgietersrus. Hoe trek my hart nou met n punt!

  10. Ja, daai roomyskarretjies was darm belangrik gewees in daardie groot dae.

%d bloggers like this: