RSS Feed

Eersteling

Mens jaag mos elke keer van punt A na punt B en neem nie genoeg tyd om bietjie by die afdraaipaadjies af te draai en nuwe plekkies te ontgin.  Saterdag het ons egter net die dit gedoen.

So 20km van Polokwane (Pietersburg) is die Eersteling monument. Dis so half verskuil tussen die koppe van Ysterberg.  ‘n Netjiese grondpad neem jou daarheen, maar oppad daarheen  ontmoet ons die kloppie voetgangers. Dis toe toevallig ‘n oud-kollega van my met sy Voortrekkerspan. Vrolik en jonk… Lekker om kinders sonder selfone in die hande te sien. (Hulle moet 20km stap vir hulle stapperskenteken)

Die monument is nou nie indrukwekkend nie maar dis die plek waar die mense in 1871 vir die eerste keer goud gemyn het in SA.  (Jammer die foto is so sleg ek het aangeneem dit lyk beter, en het nie nog een geneem nie.)

Hier het ek probeer om die opdrag se vreemde invalshoek te probeer, maar die foto laat nie my hart vinniger klop nie. So die soektog duur voort.

Kyk nog hoe lekker groen is die bosveld nog so tussen die koppe. Goed hulle kry meer reën as ons in die dorp maar dis darem al amper einde Maart.

Tog jammer dat ons land se monumente nie beter opgepas word nie. Aan die ander kant as mens so min moeite doen om dit op te soek. Is dit seker nie vreemd nie.

16 responses

  1. Oe, verlang ek nou terug! As ons van Pretoria terug Pietersburg toe ry en jy vang die Ysterberg, dan weet ons: ons is ampertjies by die huis! Maar genade, ons het ‘n paar keer oppad terug reen gehad by die Ysterberg…dan is dit NAG! En net ‘n paar honderd meter verder, kurkdroog! 😉

    Mooi wereld daai!

  2. Dis altyd op die afdraaipaadjies wat mens die juwele raakloop. As ons met vakansie gaan, probeer ons altyd “the road less traveled” neem. Jou foto’s is baie mooi🙂

  3. Fabulous post. Seeing young kids without the cell phone is something, indeed!
    *hugs*

  4. Dis waar die monumente word verwaarloos. Wie is nou eintlik verantwoordelik daarvoor? Hoekom kraak jy jou fotos so af. Maggies man dis nie sooo sleg nie!

%d bloggers like this: