RSS Feed

Die tyd is daar…

“die swaeltjie op die telefoondraad
luister af hoe praat
die mense hoe knieserig brom
hulle van die koue wat kom
uit die barre suide van die lieflike oorde
wat lê die warm welige somermaande
dis hoe die swaeltjies so korrek
weet om agter ons drome aan te trek.” – T.T. Cloete, Luisterswaeltjies

Ek het ‘n heerlike Foto’oggend gehad en sal nog van die foto’s graag met jou wil deel.  Hier in die bosveld is die herfs besig om nader te staan, Dis eintlik ‘n pragtige tyd, maar ook so effens hartseer om die somer en die swaeltjies te groet.  Hoe voel jy as jy sien die swaeltjie kom groet? Party gaan nooit weer terug kom…

Laat ek ophou voor ek heeltemal in die verdrietigheid verval. Hoop jou naweek is mooi …

Image

14 responses

  1. Nog nie hier eintlik swaeltjies so gesien nie. Dis darem n hele vergadering die klomp

  2. Wow. Dis ‘n pragtige foto. Mens sien dit nie sommer nie en hier in die stad nooit nie. As kind het my ma altyd gesê die voëltjies hou kerk as hulle so op die draad bymekaar kom. Lekker naweek!!

    • Baie dankie. Die fokus is nie te wonderlik nie, maar ek was bang hulle vlieg en die is seker maar ‘n derde van die bymekaarkoms. Ek het ook nog nooit so baie gesien nie.

      Lekker naweek

  3. …..nie wil inlog

  4. lanklaas so groot vergadering gesien
    (het nou wie weet hoe lank gesukkel dat hy my wil inlog!!!)

  5. Sowaar hulle pak alwer op.

  6. Ek is verward – wat is die mooiste lente of herfs.

    • Hang af wie jy is … as jy nou ‘n ou tannie soos ek is kry jy daai knop in die keel as die die swaeltjies so saamtrek en ook as die eerste blomknoppe uitstoot. …

      En dan tjank jy oor Kersfees en ‘n ander ou se hond se oor! So kies maar self?

%d bloggers like this: