RSS Feed

Ag nee – nee – nee.

Bykans met ‘n mens se eerste les leer ‘n mens dat jy moet seker maak dat alles wat binne die foto moet wees, daar is – so as jy ‘n vollengte persoon afneem beteken dit dat alles binne die foto behoort te wees. Van die toontjie tot die kroontjie.

Hiermee het ek nog altyd ‘n groot probleem. Ek raak so opgewonde dat ek alle beginsels vergeet en vinnig neem net omdat ek bang is om die oomblik te verloor. Die gevolg is dat daar letterlik ‘n groot % van die foto’s onbruikbaar is.

Gistermiddag het ek gaan foto’s neem by ‘n vriendin se kleinkinders. Die outjies het lekker saamgespeel maar die fotograaf was die vlieg in die salf!  Ag Nee Tina… jy weet mos van beter.

22 responses

  1. Vir my is dit die cuteste foto ! Die oomblik is vasgelê.

    • Sy was so oulik… tog dink ek oor haar stertjies nie in is kan ek nie regtig die foto vir die opdrag gebruik nie Gelukkig het die kinders lekker spontaan gespeel en ek het heelwat foto’s

  2. Ek dink dis ‘n BAIE goeie foto🙂

  3. Howzit T!

    Koffee?

    Ek drink deesdae my koffie swart. Ek’s op ‘n dieet😦

    Baie mooi fotos. Jy word nou te goed.

    Praat weer later

  4. Precious capture. Ek dink weer dis ‘n pragtige natuurlike foto, nie “staged” nie.

  5. wat is die verskil tussen al die platforms

  6. Wel ek sien nie die probleem nie solank die beursie nog in die handsak is!

  7. AWWWW! how sweet!
    *hugs*

  8. Ek hou sommer baie van die kiekie!!

    • Gistermiddag was so lekker fotosessie Die kinders was op hulle stukke. Dis so lekker as kinders so lekker kan speel. Ek het ‘n vriendin wie se kinders vir ‘n hele middag sal baklei!

      Lekker naweek.

  9. Bly ‘n mooi fototjie!

  10. Kom nou, kom nou, waar lê die klem? Op die toontjies of op die kroontjie? As jy een of beide verkies is ek bevrees het jy geen gevoel vir “body talk” nie. Hoes daai gesê? Nee, ek is nie professioneel nie, ook nie ‘n “judge” nie. Ek is maar net ‘n eenvoudige amateur wat al bykans 60 jaar in die stokperdjie as my geheime beroep is. Kudos vir daardie pic in “body talk” konteks, baie goed gedoen al was dit dalk per ongeluk, en ongelukke bring die beste fotos voort. In die 1970s die wonderlike geleentheid gehad om ‘ lesing deur Ansel Adams te kon bywoon. Hy het gesê enigeen, amateur en professioneel kan kiekies neem, maar net ‘n fotograaf met gevoel kan ‘n foto maak. Wees selfsugtig – dis jou kuns gevoel en bogger die res. Lekker naweek.

    • hehehe… die liefste kleinding het ouma se handsak gegaps en daar trek sy … daar is darem ‘n paar ander foto’s wat vir die opdrag dalk beter sal werk. Dit sou ‘n wenner gewees het as die twee poniestertjies ook in was!

      Soos gewoonlik was my honde foto’s minder suksesvol! Hulle het allerhande manewales aangevang maar die verskillende groottes het my gepootjie – ‘n klomp halwe honde is al wat ek kan aanbied.

      Dankie vir jou positiewe kommentaar.
      Lekker naweek!

%d bloggers like this: