RSS Feed

Nuwe Fotografie opdrag

Ek broei nou al van Maandag af oor my nuwe opdrag en jy het so lekker gehelp met die Sirkels en Driehoeke gehelp dat ek dalk weer van jou slim planne kan gebruik maak.  Die opdrag bestaan uit 4 afsonderlike dele:

  • ‘n Raam binne ‘n raam – sug nou hel ek klaar my sirkel gebruik so ek moet ‘n ander plan kry.
  • Vreemde invalshoek – bv. ‘n gebou van onder na bo
  • ‘n Kleiner deel van ‘n geheel – bv. ‘n interessante venstertjie
  • Gryp die oomblik – sy voorbeeld is ‘n kleutertjie wat sy sussie se lekkertjie steel

Asseblief! Ek glo altyd hoe meer idees mens kan kry hoe meer suksesvol is die uitslag.  Baie dankie!

Image

14 responses

  1. Raam binne ‘n raam: Foto deur ‘n opening bv ‘n oop deur, vensterraam, opening in die muur (seker plekke het ontwerpers bakstene met openinge en vorme), ‘n pyp ens. Ek het eenkeer in een van die groot waterpype by ‘n konstruksie plek geklim en ‘n foto geneem van die stad. Jy kan ook dat ‘n voorwerp ‘n raam vorm byvoorbeeld ‘n houtraam/staalraam leuning bv op die stoep waardeur jy foto’s kan neem of as mens bv ‘n foto neem van n landskap maar jy nader voorwerpe (bv takke, ‘n dak en vloer) ens ‘n raam laat vorm om die voorwerp wat jy afneem. Jy kan ‘n lee raam vat en iets lewendigs gaan afneem bv ‘n blom in die tuin of selfs net die raam afneem. Sekere kaste/boekrakke is oop (het nie ‘n agterkant nie) so jy kan daardeur iets afneem.

    Vreemde invalshoek: Neem ‘n boom af terwyl jy op jou rug op die gras le of ‘n tafel. Gaan staan teen ‘n gebou, ‘n muur, ‘n heining en neem dan direk met die lyn op of af. Staan aan die bokant van ‘n stel trappe en neem ‘n foto na onder (werk veral goed met spriaaltrappe). Jy kan natuurlik baie kreatief wees en daardie goed doen soos wat gewoonlik in eposse omgaan bv iemand wat buite staan met hulle hand uitgestrek terwyl die son sak sodat dit lyk of hulle die son in hulle hand het. Dit werk ook vir gryp die oomblik.

    Gryp die oomblik is maar net om iets spontaan af te neem, daardie gesteelde oomblikke waar mense nie kyk so ek dink die beste is buite, veral by ‘n park soos kinders wat speel, die boemelaar wat onder die boom sit en dut of sport foto’s waar mense spring van vreugde as hulle span punte aanteken of as ‘n dier dalk iets jaag in die tuin of duiwe skielik vlieg as hulle skrik.

    ‘n Deel van die geheel: Jy kan ‘n liggaamsdeel afneem bv jou elmboog/voet inaggeneem dit moet of interessant of abstrak wees om effektief te wees. Of dalk net helfde van ‘n gesig of een oog. Neem bv ‘n tros druiwe van naby af maar fokus net op een korrel en blur die res.

    Dit klink lekker so ek hoop jy geniet jou opdrag.

    • Sjoe, dis sommer ‘n mond vol!
      1. Raam binne ‘n raam: Ek het al die foto deur ‘n pyp geneem en dis baie naby aan die sirkel van die vorige lesing. Dis oom se voorbeeld was ‘n bome raam by ‘n gebou. Ek het ook al los rame in die verlede gebruik. Ek leun sterk na die ventertjie idee nadat ek eers Maankind se raam-eier-broodjie probeer … grinnik en dan sit ons weer met die kosfotografie.
      2. Vreemde invalshoek. Op my ouderdom kan/wil/gaan ek op die grond lê om foto’s te neem nie – hehehehe – ek sal nooit weer opstaan nie. Ek gaan regtig die trappe probeer. Ek woon in Polokwane en hier is nie baie indrukwekkende trappe nie. Ek gaan egter soek.
      3. Deel van die geheel. Oulik idees wat ek beslis gaan probeer. Iemand het voorgestel ek moet ‘n vingerafdruk afneem. Ek gaan ‘n mooi jong model kry en sulke liggaamsdele afneem. Die honde oê wat ek gister afgeneem het sal glad nie gewerk nie. Ek het ook nie op Makro gewerk nie. Die druiwe gaan ek ook probleem.
      4. Ek dink ek sal tussen die kinderfoto’s een kry Wat kan pas. Ek gaan darem nog my oë oop hou.

      Baie dankie dat jy so lekker saamdink. Dit maak my ideeveld soveel groter. Jy kan enige tyd nog byvoeg!
      Lekker naweek!

  2. Ek is nie goed met sulke dinge nie. xx

  3. 1 Raam binne ‘n raam – maklik ‘n portretraam met ‘n passe0partot sonder ‘n foto.2

    2 ‘n deur se slot teen ‘n skerp hoek afgeneem

    3 hond se snoet en oë

    4 hond wat ‘n been kou
    hond wat sit en bedel
    tjoppie en worsie op die kole
    en dielys gaan aan en aan.

    Voorspoed met die opdrag. Ek blog maar die Waterfront hieronder in die stad.

  4. Kleiner deel van geheel – makro foto van jou vingerafdruk se lyne

  5. ‘n Raam binne ‘n raam – Brood met hart uitgesny en eier gebak daarin
    Invalshoek, rood se onderkant, net die droë stingel en die res uit fokus

%d bloggers like this: