RSS Feed

‘n Engel het my tuin besoek

Die gedienstige engel het gekom in ‘n huis waar daar liefde was, en met ‘n glimlag omgedraai, en gesê: My diens is hier oorbodig.

~ C.J. Langenhoven

Soms raak ‘n mens emosioneel erg betrokke by ‘n foto. Dit kan ‘n spesiale foto wees of sommer net een uit ‘n groot klomp wat jy vir ‘n opdrag geneem het.

Ek deel graag dit een wat my elke keer aangryp as ek dit sien. Dis al asof ‘n engel ‘n rusplekkie in my tuin gevind het en ‘n veer verloor het. Soms wens ek dat hy wou terug kom…

10 responses

  1. Die veertjie het kom waak oor jou. SO mooi!

    • Dis vir my baie spesiaal… maar hy het ook weggegaan soos alles in my lewe…

      Nee dis baie ondankbaar. Ek is sommer bietjie Martie Martelgat vandag.
      Lekker naweek!

  2. So mooi ! Vasgevang vir ewig !

  3. That is so beautiful!!!
    *hugs*

  4. Ek kan verstaan waarom jy elke keer aangeraak word deur die foto. Dis besonders mooi. Ook C.J. Langenhoven se woorde is treffend.

    • Ek wonder waarom gooi hulle jou kommentaar by die spam? Ek weet nog nie hoe alles hier werk nie.
      Baie dankie. Ek leef in prentjies … ek is seker ek droom selfs in prentjies.
      Dankie vir die inloer.

  5. Ek gaan binnekort lank daar by jou kom lees!

  6. Beslis ‘n Engelveer! Het jy myne gesien so paar inskrywings terug?

%d bloggers like this: