RSS Feed

Eetbare driehoeke

As ek ‘n nuwe fotografie opdrag ontvang, word almal (familie/vriende) opgekommandeer om op die uitkyk te wees vir idees. Almal neem gewoonlik lustig deel en daarvoor is ek baie dankbaar.

‘n Goeie vriendin het toe my Saterdag genooi met die plan om driehoek skons te bak. (Ek doen glad nie sie bak ding nie en was toe ‘n baie gewillige toeskouer.)

Om kos af te neem is glad nie maklik nie en ek kry dit gewoonlik nie baie goed reg nie. Ek wonder of daar iemand is met ‘n paar wenke? Hier dus die uitkoms van ons idee van ‘Eetbare Driehoeke’.

 

As jy dalk gewonder het oor die resep kyk maar sommer op die pakkie!!!! Wat? Nee, dit was regtig heel smaaklik!

Vir nagereg kry ek toe die allerheerlikste granaat persent!

39 responses

  1. Ek het dit toe maklik reggekry. Baie dankie. Die een van die driehoekskonsies is puik. Lekker nou net alles gelees en weereens van jou mooi fotos geniet.

  2. Pragtig! Toemaar, ek is self lief vir die easy-mix muffins.πŸ™‚

  3. Dit lyk alles heerlik.

    Baie dankie dat jy my op jou Blogroll gesit het.

  4. jou foto’s is almal baie besonders en mooi, maar veral daardie granaat!!!!

    Heel boonste skon kon dalk op ‘n bordjie wees met geklerde randjie

  5. Dit is baie kreatief en oulik!!!

  6. Ek sien niks fout nie. πŸ˜‰

    Van ‘n ander hoek af, het julle al ooit opgemerk dat die goed wat ‘n mens uit ‘n resepteboek maak, nooit soos die prentjie lyk nie?

    Ook geen wonder nie. Ek het al gehoor van hoe kos stilleer word. Spesiaal vir foto’s.

  7. Mmmm. Dit lyk verskriklik lekker. Ek hou baie van die eerste foto maar voel die skaduwee is bietjie hard so kan dalk bietjie sagter gemaak word deur ‘n reflektor te gebruik. Die tweede foto lyk vir my bietjie onder belig en die laaste foto dink ek sou meer effektief gewees het as al die pitte in fokus was maar ek is geen expert nie so hierdie is net opinie. Soos iemand anders genoem het as die foto reaksie uitlok is dit effektief.

    • Grinnik… ek weet niks van reflektors of die gebruik daarvan. ‘n Vriendin van my se seun is ‘n talentvolle fotograaf en sy sleep hom saam na ‘n modelsessie en hy ruk daar ‘n reflektor uit en sit dit op ‘n plek waar ek dit nooit so gesit het. Ek was te skaam om te vra, want die jong man is erg bot.

      My mentor het belowe hy sal ‘n lesinkie skryf oor kosfotografie. Ek vind dit erg moeilik. Die eerste een het ek vir driehoeke ingestuur maar ek is net nooi tevrede want dit lyk nooi soos mens dit in tydskrifte sien

      Dankie vir die sinvolle kommentaar. Ek het die volgende lesing ontvang en is maar erg senuweeagtig.

      • ‘n Vriend van my het fotografie geswot en hy het genoem dat die beste manier van leer is om ‘n prentjie te kry waarvan mens hou en dan te probeer om dit so na moontlik na te boots. Die meeste prentjies in tydskrifte vandag is egter so gephotoshop maar mens kan darem probeer. Jy kan dan met die verkillende funksies op die kamera speel en die effek dophou. Ek ken self nie baie van reflektors nie maar ons het in een fotografieklas eendag daarmee gespeel en mens kan sommer wit polystyrene gebruik of n groot wit karton. Dit is net dat die lig daarteen weerkaats. Jy kan self daarmee speel deur net ‘n wit karton te vat en dit langs ‘n objek te sit en dit te draai en te sien hoe die lig op die objek verander. Hulle gebruik baie reflektors vir buite of as mens mense afneem want jy wil nie ‘n groot skadu onder die neus he nie ens dan help dit. Ons het ook eenkeer n makrofotografieles gedoen waar hulle mens leer hoe om te kul op fotos so nie bekommer as jou fotos nie soos die in die boek lyk nie, meeste van die goed daar is vals soos bv ons het n radox bottel gebrui vir n sogenaamde advertensie en die sogenaamde waterdruppels is glycerine en daar is resepte om vals roomys en ysblokkies te maak want die goed smelt gewoonlik te vinnig so baie verneukery daar en beligting speel n groot rol so mens het gewoonlik n softbox ens nodig.

        • Ons mag glad nie photoshop in die kursus gebruik nie. Ek wil eers goeie foto’s neem en regtig nie swak foto’s met photoshop reg probeer maak. Ek wil beslis die reflektors probeer want ek hou glad nie van die flits nie. (of ek kan dit dalk nie korrek gebruik nie)

          Ek gaan more my volgende opdrag bietjie blog en sal bly wees as jy so effe saam dink. Ek het darem amper ‘n hele pak Quality Street gekoop op jou aanbeveling maar die kos toe R75

          Dankie vir die wenke.

  8. Sjoe! Dit lyk lekker! En ek is MAL oor die rooi!

  9. Hi there. Do I know you under another name?

  10. Heerlik met my koffie saam dankie!

  11. Ek dink dit lyk baie mooi. Dit was so lekker kuiertjie.

  12. Njammie … niks fout met die reaksie wat jou foto uitgelok het nie!

%d bloggers like this: