RSS Feed

Swart en Wit 3 – Waar is al die kinders heen?

Baie dankie vir die interessante kommentaar by die vorige blog.

Hierdie was eintlik ‘n komposisie opdrag, maar ek het besluit om dit in swart-en-wit in te handig.  Dit het nie ‘n storie nie maar wel ‘n tema.

Hieroor is ek nie heeltemal tevrede nie. Dis net of die foto’s onnatuurlik opgestel is – wat natuurlik waar is. Weereens 4 foto’s waar 3 seker eintlik genoeg sou wees.  Wat sou jy met die tema gedoen het? Hoe geslaagd is die foto’s? Miskien moes ek liewer ‘n verlate speelpark gedoen het, as die kleiner oomblikke?

 

8 responses

  1. Daarsy Tina ! Dis nou oulik. Ek wens ek het meer tyd om hier rond te speel en te eksperimenteer. Dalk later. Sug !

    • Dis regtig lekker hier! daar is heerlike nuwe goed wat jy kan gebruik. Vandag was effe stil maar die ander dae was die kommentaar amper soveel soos op Litnet. Hier gaan ek net my eie foto’s gebruik en as Mweb die einde van die maand toemaak het ek dan hierdie blog met al my skakels

  2. Hi Tina,

    Jou fotos is amazing,
    Ek was nie bewus daarvan jy is so ‘n kranige fotograaf nie.
    Veral die sirkels-tema was fassinerend
    😀

    • hehehe… nee jong ek is regtig ‘n amateur met ‘n vaste lens kamera…
      Maar dankie darem vir die inloer – al het ek jou tot hier geboelie.

      Die sirkel en driehoek opdrag het ek vanaand ingestuur – nou sal mens maar sien!

  3. Oh my word, dis absoluut stunning. Jy is al BAIE GOED. amper reg vir ‘n uitstalling?

    • hehehe… dankie! Ek het darem joune al gesien hoor. Nee wat ek het baie foto’s maar net ‘n paartjies is so effens bo gemiddeld.

      Mag ek maar asseblief die skel na jou blog hier op my blogroll sit? Ek vra liewer eers, want dit is baie voorbarig om te dink mense ‘moet’ na jou persoonlike foto’s kom kyk?
      Lekker Sondag verder!

%d bloggers like this: