RSS Feed

Swart en Wit 2

 

Baie dankie vir die deelneem by die vorige storie. Baie opbouende wenke waarby ek baie geleer het.

Die opdragte van my kursus vereis gewoonlik 4 foto’s, wat soms te veel/min vir ‘n storie is.  Die opdrag behels ook nooit ‘n storie en dis sommer iets wat ek self uitgedink het.

Die vraag is weer. Wat sou jy verander? Sou jy iets byvoeg/weglaat? Jy mag maar skerp krities wees.

 

 

16 responses

  1. Ek dink die lee rame pas perfek, wys ‘almal’ is weg/dood, die gebou lyk ook verlate, dus kry ek die indruk van ‘niemand’ daar, almal weg/dood – daarom sou ek ook dink al die rame moet leeg wees, maar nou weet ek nie of ek jou ‘storie’ reg volg nie. Indien wel, dan lyk die rame te nuut/muur te nuut ook – moet ouer lyk om by die gebou/graf aan te pas. Selfs boek/begrafnisbrief lyk ‘nuut’ -as jy verstaan wat ek bedoel. As dit nie saak maak in die ‘storie’ nie, dan’s dit perfek.🙂

    • Baie dankie vir die sinvolle kommentaar. As mens inspring met ‘n opdrag is jy so besig om by die einde uit te kom dat jy sekere goed vergeet. Ek het uit die bloggers se kommentaar geleer dat die tydlyn in die storie ‘n baie belangrike rol speel…

      Grinnik… ek het eers die rame teen die muur gehad en die ander drie het toe bygekom. Ek is wel aangespreek omdat die gebrande gebou die foto so vol maak.

      Nogmaals dankie!

  2. Waar is die eerste foto geneem? Dit laat my voel om my stapskoene nader te trek. (Weet nie wat dan weer saam met my huis toe gaan kom nie.)

    • Dankie vir die inloer.
      Dis in Haenertsburg (Sp?) se begraafplaas. Dis tussen Polokwane en Tzaneen in die Magoebaskloof. Daar kry mens altyd lus om jou stapskoene aan te trek. Ek het daar die allermooiste foto’s(wel ek hou daarvan) al geneem.

  3. Dalk moes net een van die rame leeg gewees het?

    • Die rame is wat my op die spoor van die idee gesit het. ‘n Vriendin se man het haar verneuk, toe trek sy uit – sy maak rame vir begrafnisondernemers en het die rame sommer tydelik aan elke moontlik spyker opgehang. Ek het dus nie gevulde rame gehad nie… Dit sou egter anders uitgeloop het want dan was net een persoon weg, terwyl nou niks oorgebly het nie?
      Dankie vir die sinvolle kommentaar.

  4. Love those photos.
    *hugs*

  5. Ai, hulle is almal so mooi maar as ek na die storie sin kyk dan sou ek sê die laaste een pas nie. Jy neem darem regtig mooi foto’s hoor! Jy mag maar!🙂

  6. Die fotos vertel klaar die hele storie.

  7. Uitstekende storie! Een probleem daarmee, die graf lyk te oud vir die verloop van die storie.

%d bloggers like this: