RSS Feed

Swart en Wit 1

Ek hou daarvan om my swart-en-wit foto’s in die vorm van ‘n storie te doen.  Hoe lyk die?  Wat sou jy verander? Of invoeg? Wegneem?

22 responses

  1. Ek was mal oor die storie en het dit baie geniet. My enigste voorstel is om bietjie met die aperture te speel, ek sou nie die eerste foto als in fokus gesit het nie, dis ook bietjie hard vir my. Vir die res, baie goed.

    • Dit was ‘n opdrag en ons mag glad nie photoshop gebruik nie. Ek verstaan wat jy sê, maar ek wou juis die titel van die musiekstuk duidelik uitbring. Volgende keer sal ek beter beplan – ek sien die donker roos is te donker en die papier te wit in vergelyking met die ander foto’s.
      Baie dankie vir jou kommentaar. Ek gaan nog baie by jou leer sien ek.
      Lekker naweek!

  2. Jy kan ook die ‘tick’ merkie afhaal as daar een by daardie setting is Tina. Maar laat weet maar.🙂

  3. Nee, glad nie. As jy jou muis hou doer bo aan die linkerkant op jou naam – rondomtaliedraai sal daar ‘n menu oopgaan. Kliek op Dashboard en gaan dan heel onder na Settings en dan na Discussion.

    Daar sal een setting wees onder “Other comment settings” :
    “Automatically close comments on articles older than (…) days. Ek het sommer myne op 31 gesit. Dit lyk vir my asof joune dalk op 1 dag is want mens kan glad nie terug reply op jou comments nie. Gaan kyk en laat weet. Miskien is dit iets anders.🙂

    • Ons sal nou kyk Ek het sommer wild op daardie bladsy aangegaan!
      Dankie vir jou hulp!

      • Groot plesier hoor! 🙂

        • Grinnik… ek sal weer moet kyk want ek kry nou so baie eposse dis net nie snaaks nie. Ten minste kan ek nou die kommentaar by die kommentare invoeg.

          • heheheh, ek ken van ja. Wat jy wel kan doen is om jou email notifications af te sit né en dan gaan loer jy net altyd by jou comments. Hover net doer bo weer op jou naam en kliek op comments en dié wat jy nog nie ge-approve het nie sal in geel gehighlight wees. Wat ek dan doen is om te “reply” en dan approve dit ook terselfdertyd die comment. As ek dit nie wil plaas nie omdat dit spam is, dan kliek ek op “spam” of ek “trash” die comment. Speel maar bietjie rond as jy tydjie kry. Dis groot fun! LOL!

  4. Sjoe – dis stunning! Niks om te verander nie!

  5. Tina, is dit jou tema wat die comments so plaas want ek kan nie agterkom vir wie jy wat teruggeantwoord het nie.🙂

    • Ek weet nie … ek sukkel self die goed volg nie opmekaar nie en ek weet nie hoekom nie. Moet ‘n mens dan dadelik antwoord? Dit was so met die ander temas wat ek probeer het ook.

  6. Niks, los dit net so

  7. Die eerste een is vir my bietjie hard vir swart en wit. Wil mens nie juis stemming skep daardeur nie? Indien so, dan pas dit nie vir my by die begin van die storie wat romanties is nie. Te hard en in your face. DIe tweede een laat my kop YES uitroep. DIt is die toppunt van die romanse, dan gebeur iets, en die laaste een sê alles. Maar WELL DONE om storie oor te dra.

    • Ek verstaan – sulke vaag onthoude herinneringe? Ek sal dit bietjie sagter maak – wou juis dat mens die opskrif duidelik sien. My mentor het gereken die laaste foto is te donker.

  8. Stunning! Ek is mal daaroor! Ek sal die 3de een uithaal en moenie vra hoekom nie. Dit lyk net vir my asof dit nie daar pas nie….🙂
    Awesome post weereens hoor! Jy moet by die weekly photo challenges en competitions aansluit. Dis vreeslik lekker. Gaan loer op my blog. Ek het geen idee of mens iets wen nie en nog nooit daaroor gewonde nie maar dis net lekker om dit te doen.🙂
    Heerlike naweek en daggie vir jou hoor!
    *hugs*

  9. Jou foto’s is so mooi. Ek sal niks verander nie!

%d bloggers like this: