RSS Feed

Ouderdom

“‘n Mens behoort nooit jou debuut met ‘n skandaal te maak nie. Jy moet dit eerder hou om jou oudag interessant maak” Oscar Wilde

Ek het nooit kon droom dat dit so lekker sou wees om af te tree nie. Jy hoef toestemming oor niks vir ander te vra nie. Jy het ‘n verskoning vir elke ding. Jy hoef selde die horlosie of die almanak dop te hou. Maar die allerlekkerste is dat jy nie meer verantwoordelikheid vir ander mense se lewens hoef te vat. Ek is bly vir hierdie stadium in my lewe, maar hoop ook dat ek nie nutteloos of waardeloos sal wees. As is mens dalk oud en afgeleef kan jy nog iets vir ander beteken.

Daar is verskillende stadiums in mens se lewe:

4   jaar  – piepie nie meer in broek nie

12 jaar  – om vriend ete hê

16 jaar – bestuurslisensie

20 jaar – seks

35 jaar – geld

50 jaar – geld

60 jaar – seks

70 jaar – bestuurslisensie

80 jaar – piepie nie meer in broek nie


http://www.suddenlysenior.com/

14 responses

  1. Vir wat hou hul op , op 80 jr? Sommige mense is nog so fiks soos 2 na 80… bevrees daar is ouderdom wat doeke dra weer deel word van ouderdom.

  2. O hel nee, hou verby! LOL!
    Lekker daggie vir jou hoor!🙂

  3. Yebo
    Full circle

  4. LOL! Shucks, ek sit so tussen geld en geld en op die rand van seks! Whahahahaha!
    Geniet alles wat jy kan skat! Elke dag bring sy eie wedervaringe en genietinge.🙂
    *hugs*

  5. Hei, hei – nou is die tyd om vir jouself te lewe en wee jy wat? As jy nou vir jouself lewe gaan jy meer vir ander beteken.

  6. Hoe geniet jy die nuwe blog?

    • Dis ongelooflik lekker. Daar is sulke oulike goed wat jy kan sien en doen. Die lekkerste is dat niemand jou kan bykom. Die mense is ongelooflik meelewend. Hier kan mens beslis ‘n plekke ooptrap!

  7. ek is so tussen die twee lisensies🙂

%d bloggers like this: