RSS Feed

Blomme

“Hy wat blydskap gee, sal agterkom dat blydskap sy beloning is.” Anoniem.

My belangstelling in fotografie was al van kleintyd met my.  Met ‘n besige loopbaan het dit maar gebly kiekies van kinders en skool aktiwiteite.

Toe ek nou aftree besluit ek om in te skryf vir hierdie Internet Fotografie kursus… waar ek baie geleer het, en waaruit ek ongelooflike vreugde put. Ek sal seker nooit ‘n uitsonderlike fotograaf wees nie, maar dit maak nie saak nie. Eendag gaan ek nog daardie een-uit-‘n-miljoen foto neem.

Ek wil graag hier in groot nederigheid van my foto’s plak.  Ek doen dit nie vir applous nie, maar eintlik sodat iemand dalk met kritiek my kan leer om dit beter te maak. Ek is soos ‘n spons gereed om van jou te leer.

Blomme is een van my grootste gunstelinge. Ek sê altyd ek hou van goed wat stilstaan, want  hulle kan nie uit die raampie loop nie!.

24 responses

  1. Pragtige blom fotos.

  2. Ek weet nie hoe vertroud jy is met YouTube nie maar dit is een van my gunsteling webblaaie want mens kry soveel verskillende goed daar. Ek het so ruk gelede klomp klein videos ontdek wat Canon Australie gemaak het en ek het soveel geleer en nuwe idees gekry. Gaan kyk bietjie: http://www.youtube.com/user/CanonAustralia/videos?sort=da&view=0.

    • Jong ek sal gaan kyk… ek is net elektronies geremd en omdat ek ‘n Nikon gebruik wat nie ‘n RAW formaat het, raak ek erg in die war met die Canon dinge.
      Baie dankie… ek sal gaan kyk.

  3. Ek dink dis stunning Tina. Ek is nog meer ‘n amateur wat fotografie aanbetref maar mooi was nog nooit lelik nie en jy het defnitief ‘n oog en aanvoeling hoor. Awesome! Ek is mal oor almal en vrek net so oor blomme. Dankie vir die deel hoor!🙂

  4. Beautiful flowers!
    *hugs*

  5. Ag dit is vir my so pragtig… ek geniet jou foto stories !

    • Baie dankie… ek het die mees interessante mense en blogs hier gesien. *Fluister* dit voel half of Litnet nou so kinderlik is. Hier mense beleefde en belangstellend. Ek het my nog nie vasgeloop tee ‘n gevloek en geskel nie. (wel ‘n klomp kaal vroumense… eish)

  6. Tina, jou foto’s is uitstekend. Een van my kinders het vir my links gestuur waar mens waardevolle tips optel.
    2e en3e foto’s my gunselilnge

  7. Hmmmm! Ek sien die Antie raak nog al slim met blog mooi maak. Lyk pragtig

    • Daar is so baie oulike goed wat ek uit wil probeer, dis of daar nie genoeg tyd is nie. Dan wil ek ook bietjie rondkyk by mense … Die gaan lekker word. Nogmaals dankie!

  8. Oooo amper vergeet om te sê huidiglik met die wind hier in die Kaap loop die blomme uit die raam as mens nie vinnig is nie.

  9. Baie goed en jy het mooi gewerk met die fokus.

%d bloggers like this: