RSS Feed

Fotografie – Sirkels en driehoeke

My nuutste fotografie opdrag is ‘Sirkels’ en ‘Driehoeke’. Ek het ‘n paar idees, maar wonder of jy dalk nie ‘n blink idee het nie?

Image

 

 

40 responses

  1. Ek het ‘n boodskap gelos maar dis nie hier nie😦

  2. Wat van ‘n seilboot, met die son, of dalk die maan agter?

  3. Okay ek gaan nou ophou ek belowe, maar die kreatiwiteit is nou aangewakker. As jy die menslike aspek ook wil inbring en nie net stillewe afneem nie kan jy sirkels/driehoeke in die foto inbring soos kinders wat met ‘n hoela-hoop speel, of iemand wat rook wat sirkels blaas of die hond wat bubbles jaag, kinders wat hopscotch (p.s. doen hulle nog dit?), die naaldekoker wat rimpels in die swembad maak, kinders wat swaai (want swaaie het gewoonlik n driehoekige struktuur), iemand in n tent (driehoekige een), die braaivleis vuur waar die hout in ‘n driehoek gepak is. Ek is nou regtig klaar🙂

    • Hehehehe… ek moes lankal vir jou ontmoet het. Dink net hoe sou jy elke opdrag vir my kon help uitdink. My mentor sê nou die dag ek begin ‘n eie styl ontwikkel wat eintlik ontstellend is, want dit beken ek bring nie iets nuuts nie! Ek sal netnou my pogings van die afgelope paar dae blog. Onthou net ek is ‘n amateur.

      • Ek is self ‘n amateur en mens kan net beter word deur baie te oefen. Ek het nog ‘n film kamera maar dis nou so duur en onprakties so ek het nou vir my ‘n nuwe klein digitale mik-en-druk kamera gekoop want die DSLR was net te duur. Dit is lekker dat jy ‘n mentor het want mens het soms ‘n objektiewe oog nodig en iemand wat kan raad gee en help. Ek is mal oor fotografie en jy het my regtig inspireer. Bly ons kan dit deel. Ek sien uit om al jou fotos te sien. Ek hou van die wat jy op jou blog gesit het. Baie mooi!

  4. Nog ‘n paar idees as jy nie genoeg sirkels en driehoeke in die badkamer of tuin kry nie. Windpompe maak pragtige fotos, sonneblomme, motorbande, wiele wat draai is ook koel, pype, skoorstene, hoede, lampskerms, muntstukke, waterdruppels, bottels, vrugte (druiwekorrels), sjokolade – daai groen driehoekies in die quality street pak – yum! Dakke vorm gewoonlik n driehoek en kan interessant wees. Dit klink na ‘n baie lekker projek.

  5. Baie welkom en mag jy dit baie geniet hier hoor! Awesome foto’s!🙂

  6. Welkom suster! Dis lekker om hier te wees

  7. Ek het n fotografie kurses gedoen waar ons vroeg die oggend na die dieretuin was maar geen diere kon afneem nie. Dit bring nogal die kreatiwiteit uit. Ek het toe baie op tekstuur gefokus, bas, blare, pype, patrone, ens. Ek het ook n boek wat jou forseer om bietjie uit die boks te dink en noem dat jy jouself in die badkamer toesluit en 30 fotos neem. Mens begin dan anders na alles kyk.

    • Dis baie interessant. Ek hou van ‘n uitdaging maar het nie ‘n goeie waaghouding nie. Ek is bang ek doen dinge verkeerd en dan is die uitkoms maar erg gemiddeld.

  8. Nee jong, soos jy kan agterkom neem ek mos net die Berg af!!!

  9. praat van sirkels (ringe) ek het Vrydag enetjie verloor. Nie duur nie , maar baie sentimenteel gewees oor hom

  10. Wat van daardie driehoek verkeerstekens.

  11. Welkom hierso, hoop jy blog sommer baie lekker.

  12. Reblogged this on Sarchasm2 and commented:
    An old mweb, letterdash friend has started a wp blog. Welkom Grappies

  13. Ah! Ek sien jy kom alleen reg. Dit lyk alklaar goed. Ek gaan n reblog doen op my blog sodat anders vir jou kan vind.

  14. Die toegee sein padteken. Mercedes se wapen. Sal dink aan nog idees.

%d bloggers like this: