RSS Feed

Opdrag 6 Kommentaar

Ons het meer as drie weke hiervoor gewag en ek gaan geen kommentaar hieroor lewer.  Weereens is my foto’s darem nie tussen die swakstes nie, maar ook nie by die bestes nie.

DSCN4182

Vorms is hier inderdaad. Maar wat is die storie. Wat vertel hierdie foto? Waar moet ons kyk? Wat gee ons die wenke oor waar die fotograaf wil hê ons moet kyk? Probeer altyd dinge soos diepte van veld en fokuspunte gebruik om genoemde vrae te help beantwoord. Onthou, as fotograaf is jy ‘n gids vir die kyker wat help om die foto te interpreteer.

 

 Pic%20368

 

Goed raakgesien. Net jammer van die reëlings regs onder en die feit dat die foto nie in meer dramatiese lig geneem is nie. Huidiglik is dit ‘n goeie rekordskoot, maar die potensiaal is daar vir ‘n besonderse interessante foto as mens meer met die vorms van die geboue werk.

Opdrag 4

Ek het oorweeg om nie die foto te plaas nie, want die organiseerders het my foto uitgelaat en ek het dae lank gesukkel om die kommentaar te bekom. Die laaste verskoning was dat die program stadig aflaai en daarom sal ek moet wag tot die foto bygevoeg kan word.  Dis nou nog nie by die ander nie en… wel… ek hou nie my asem op nie. Die opdrag was om ‘n foto wat ‘Eenvoud’ uitbeeld.

DSCN3171

“Die fotograaf het goed gedoen om die windpomp nie sentraal te plaas nie, en die horisonlyn lekker laag te hou. Dis jammer mens kan nie die onderkant van die windpomp sien nie, wat veroorsaak dat dit effens in die lug hang.Om een of ander rede is daar links en regs onder wit hoekies (asof die foto op ‘n stadium gecrop is vanaf ‘n wit oppervlak) Die wit steel dadelik mens se aandag. Mens sou graag nog meer kontras in die foto wou sien.”

Die volgende week moes ons kommentaar op foto’s wat vir ons mooi is/was by die fotoskool doen, en as gereeld blogger is dit nou nie eintlik vir my moeilik nie.

Opdrag 3 Landskappe

Ek voel beslis beter oor my landskappe as troeteldiere alhoewel hulle die een nie as ‘n landskap beskou nie.

DSCN2555%20(2) copy

In hierdie foto is daar ook lekker atmosfeer, en weer eens wonder ek of dit nie beter sou werk as panorama nie. Daar is dalk net te veel blou lug bo en die pikdonker deel onder kon ook bietjie minder gewees het. Die foto is geneem met ‘n Nikon Coolpix en die f-stop was 2.8 teen 1/12 van ‘n sekonde. Die F2.8 gaan beteken dat die diepte van veld min is, maar mens kom dit nie so sterk agter nie aangesien die kamera uitgezoem was. Ek gaan hier en daar meer oor die kamerastellings praat. As dit Grieks is, moenie kommer nie – ons gaan daarby uitkom. Die lyn waarmee die water deur die foto loop help om dit te laat werk. Ons gaan later meer oor die krag van lyne en kurwes gesels.

DSCN3297%20copy-1

 

Ek is nie seker of hierdie foto in die kategorie “landskap” sal val nie, dit is eerder piktoriaal (‘n Prentjie). Die wal voor is steurend en doen afbreuk aan die foto. Onthou dat die bote en die water ‘n beter voorgrond sal vorm. Die foto kort ook kontras en is baie “besig” – die boot links raak skoon weg teen die agtergrond. Die fotograaf kon dalk met komposisie gespeel het ten einde ons aandag te plaas op die onderwerp wat die aandag moet kry. Tans gebeur daar net te veel in die foto.

Opdrag 2 Troeteldiere

Eish, het ek nie gesukkel nie. Ek moet darem ook sê die keer is my foto’s nie tussen die mooistes nie. Met troeteldier is dit vir my soos voëls – ek is net gewoon te stadig en hulle is voor ek die knoppie kan druk reeds in die volgende raampie.

2-1

Wat die fotograaf hier reg gedoen het was om nader aan die hond te beweeg ten einde die hond se gesig die kern van die foto te maak. Ongelukkig was die fokus nie skerp nie, veral op die oog van die hond. Fokus is krities tot die sukses van enige foto en in hierdie geval is dit die rede waarom die foto nie werk nie. In ‘n latere les gaan ons meer gesels oor die fokuspunte op jou kamera en hoe om hulle beter te benut. O ja, iets anders wat werk is die goeie oogkontak met die “model.”

2-2

Die dilemma met hierdie foto is dat daar te min hond en te veel agtergrond is. Die fotograaf kon heelwat nader aan die hond gekom het. Onthou ook dat ons oog altyd na die helderste dee van ‘n foto getrek word. In hierdie geval is daar baie helder lig agter wat die aandag steel sowel as ‘n sonkolletjie regs onder. Omdat die hondjie van agter verlig word is dit nodig om ook van voor af deur middel van ‘n flash meer lig op Brakkie te bring. Die gesiggie is ook reg in die middel van die foto met te veel nuttelose spasie aan weerskante.

 

 

Opdrag 1 Uitslag

Dit was baie interessant. Die uitslag van al die kursusgangers word gepubliseer met die foto en die kommentaar. As jy eers verby jou gekneusde ego kom en jy kyk intensief na die ander se werk, leer jy regtig baie.

DSCN8929

In hierdie foto sien ons die dilemma van skaduwees. Ons oog gaan altyd na die helderste deel van enige foto en in hierdie geval wil ons die modelletjie in die oë kyk, die probleem is dat juis daar ‘n skaduwee oor hom val. Die groen blaar en wit vensterraam veg ook teen die model (om ons aandag te wen) – die vensterraam weens die helderheid daarvan en die blaar wat ons aandag met kleur probeer steel. Onthou gerus dat ‘n flits of weerkaatser sou kon bydra tot die beligting op die model se gesig.

DSCN8967

Vriendelike model, goeie oogkontak – maar ‘n agtergrond wat soveel blink areas het dat dit heeltemal die aandag van die model af wegsteel. ‘n Oulike deel van die komposisie is die feit dat mens die woorde “I love animals” op die boek kan sien. Probeer gerus met portrette om bietjie meer afstand tussen die model en die agtergrond te kry. ‘n Probleem met die agtergrond in hierdie foto is dat dit blink, maar ook dat daar te veel is. Die model is ook reg in die middel van die foto wat meebring dat mens links en
regs van haar kyk, (na die blink kolle) en nie na haar vriendelike gesiggie nie.

 

Nuwe Kursus

Sjoe, ek was lanklaas hier! Ek was so bietjie af van die fotografie af, maar het verlede week ingeskryf vir nog ‘n kursus by die fotoskool. Gaan kyk gerus.

Die eerste opdrag was dat jy ‘n foto binnenshuis en buitenshuis moes instuur en dat jy ‘n bestaande foto moes evalueer.  Ek het ‘n lekker sessie met ‘n vriendin se kleinkinders gedoen en deel graag ‘n paar van die foto’s.

DSCN8921 DSCN8924 DSCN8979 DSCN8939 DSCN8970 DSCN8942

 

 

 

Nuwe Jaar

Voorspoed in die nuwe jaar vir jou en jou geliefdes!

!cid_Part0123456EXT

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 78 other followers